![]() |
|
Bynaam | Dannebrog |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel ![]() |
Verhouding | 28:37 nasionaal[1][2] 56:107 koninklik |
Goedgekeur | 15 Junie 1219 (Dannebrog-legende)[3] 8 Mei 1625 (erken as nasionale vlag)[4] |
Ontwerp | ’n Wit Skandinawiese kruis op ’n rooi veld. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif. |
![]() |
|
Bynaam | Rigets flag, Splitflaget |
Gebruik | Staatsvlag en vaandel en Oorlogsvlag ![]() ![]() |
Verhouding | 56:107[2] |
![]() |
|
Bynaam | Orlogsflag |
Gebruik | Vlootvaandel ![]() ![]() |
Verhouding | 7:17[2] |
Goedgekeur | 11 Junie 1748 |
Die nasionale vlag van Denemarke (Deens: Dannebrog, [ˈtænəˌpʁoˀ]) word volgens die Dannebrog-legende sedert 15 Junie 1219 gebruik en is op 8 Mei 1625 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n wit kruis op ’n rooi veld. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif volgens die patroon van die ander Skandinawiese vlae.
’n Banier met ’n wit-op-rooi kruis word sedert die 14de eeu deur Deense konings gebruik.[5] ’n Ontstaanlegende met noemenswaardige invloed op nasionale Deense historiografie koppel die bekendstelling van die vlag aan die Slag van Lyndanisse op 15 Junie 1219.[6][7]
Die verlengde Nordiese kruis, wat Christenskap verteenwoordig, weerspieël die gebruik as seevlag in die 18de eeu.[8] Die vlag het in die vroeë 16de eeu gewildheid as nasionale vlag begin kry. Privaat gebruik van die vlag is in 1834 onwettig verklaar, maar in 1854 weer toegestaan deur ’n regulasie. Die vlag hou die wêreldrekord as die oudste nasionale vlag wat steeds in gebruik is.[4]
<ref>
tag; no text was provided for refs named encyklopædien
Die legende lui dat 'n rooi kleed met die wit kruis bloot uit die lug geval het gedurende die slag van Valdemar in die middel van die 13de eeu, waarna die Dene seëvierend was. As teken van die goddelike reg het Denemarke sy kruis in die ander Skandinawiese lande waar hy regeer het, vertoon en soos elke volk onafhanklikheid verkry het, het hulle die Christelike simbool geïnkorporeer.
Talle oorwegend Christelike state vertoon 'n kruis op hul nasionale vlag as verteenwoordigend van die Christendom. Skandinawiese of Noordse kruise op die vlae van die Noordse lande – Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede – verteenwoordig ook die Christendom.. Die verlengdekruisontwerp is gevolglik deur ander Noordse lande aanvaar: Swede, Noorweë, Finland, Ysland en die Faroëreilande, asook die Britse argipels van Shetland en Orkney.